| | search  
   
Metorex Mining Ltd

News

  • News
  • >
  • News articles 2008

News articles 2008

 

 
       
Friday 22 August 2008
Koper Laat Metorex Blink Jan De Lange

Metorex is nou eers uit die wegspringblokke met koperproduksie van 25 350ton in die jaar tot einde Junie, wat hy gister verklaar het. Teen 2011 gaan die kleinerige myngroep 100000 ton koper per jaar lewer uit sy koper- en kobaltmyne in die DRK en Zambie en in 2012 altesame 140000ton koper, maar tot dan gaan hy R3 miljard bestee aan ontwikkelingswerk.

En oor koperpryse is mnr. Charles Needham, uitvoerende hoof van Metorex, min gepla. Ook nie oor die algemene negatiewe stemming in hulpbronmarkte van die afgelope weke nie. "Daar is te veel produksieprobleme in Suid-Amerika om in die wereldvraag te voorsien, soos lae ertsgraad en arbeidsonrus.

Ons gaan nie in die volgende vier tot tien jaar maklik 'n prys van minder as $4 500 per ton vir koper sien nie," se Needham. In die jongste boekjaar het hy gemiddeld $7 277per ton vir sy koper ontvang, terwyl sy kontantkoste by sy Chilubamyn en aanleg in Zarribie $2 000per ton was en by Ruashi in die DRK $3 400 per ton. Die gunstige edryfsmarges in die kopermyne van gemiddeld 67% het Needham en sy bestuurspan in staat gestel om hul voorbelaste wins met 93% te verhoog tot Rl,031 miljard en die wins uit mynbedrywighede met 86% te verhoog tot R696miljoen.

Dis net die aandeelprys wat pIa, want Metorex het met 44% gedaal sedert sy hoogtepunt in Oktober verlede jaar. Die prys het gister met 2,19% gestyg tot R16,35.

back to News articles >
 
   
 
  back to top